Body Stress Release

Oorsake van Liggaamlike Spanning

Emosionele Spanning

Hedendaags spanning sluit in emosionele spnning onsekerhede oor die toekoms, finansiële spanning, kompetisie in die werkplek of verbrokkelende gesinsverhoudings. Kroniese emosionele spanning kom na vore in angs aanvalle, paniekerigheid, depressie, woede, vrees, gevoel van verwerping, skok oor die skielike dood van ‘n geliefde, is maar enkele faktore voortspruitend uit emosionele spanning. Al bogemelde faktore manifesteer in fisiese spanning soos ‘n stywe kakebeen, seer nek en skouers, diafragma(sooibrand) of ‘n geboë liggaams houding ter beskerming teen die aanslae van die lewe. Die fisiese ongemak verskerp soos wat emosionele spanning opbou en dan ontstaan ‘n bose kringloop.

Chemiese Spanning

Die mens is onwetend blootgestel aan Chemiese spanning wat veroorsaak kan word deur onsuiwer lug in te asem, sekere voedsel byvoegings, preserveermiddels, insekweerders, kosmetiese produkte of skoonmaakmiddels. Al die faktore het ‘n invloed op die fisiese strukture.

Fisiese Spanning

Die liggaam is so ontwerp dat dit ‘n sekere mate van impak kan hanteer maar sodra dit by die liggaam se limiet van aanpasbaarheid verby gaan word die spanning in die liggaam gestoor. Swak postuur, sportbeserings, motor ongelukke of selfs die optel van baie swaar items kan spanning in ‘n reeds oorlaaide liggaam verhoog.

Body Stress Release

Unlocking tension – Restoring self-healing