Unlocking Tension – Restoring Self-healing
Body Stress Release
Pretoria-Oos
Body Stress Release
Welkom by Body Stress Release Pretoria-Oos saam met Dina en Joke.
Body Stress Release is ’n komplimentêre gesondheidstegniek wat deur die pioniers Ewald en Gail Meggersee ontwikkel is. Dit is ’n baie ligte, nie-indringende tegniek wat die liggaam ondersteun in sy selfgenesingsvermoë deur spanning op te spoor en dit te verlig. Die tegniek help die liggaam om verligting te kry van ongemak, pyn en spanning van verskillende oorspronge, wat dan manifesteer in hoofpyne en migraines, tennis- of gholfelmboog, sciatica, rugpyn, immobiele skouer (“frozen shoulder”) en ander toestande.
Dina se Storie
Hoofpyn was vir baie jare deel van my daaglike lewe en ek het ‘n verkeidenheid van modaliteite probeer met net tydelike verligting. Met die draai van die eeu het my knieë begin moeilikheid gee. Ek het ‘n spesialis gaan sien wat verskeie modaliteite asook medikasie aanbeveel het. ‘n Vriendin vertel my van BSR en uit desperaatheid probeer ek die tegniek. 20 jaar later het ek nog my eie knieë en my hoofpyne het verdwyn. Ek besoek ‘n kollega gereeld vir ‘n BSR sessie en sodoende hou ek my liggaam se kommunikasie in stand en bly ek gesond. Ek staan daagliks verstom oor die ongelooflike veranderings wat in mense se liggame en lewens plaas vind.
Joke se Storie
My nek en skouers was baie styf en seer agv lang ure voor die rekenaar. Ek het gereeld vir tenminste drie uit die sewe dae hoofpyn gehad. My man het van BSR te hore gekom by ‘n besigheidsgeleentheid en voorgestel dat ek dit probeer. Na my tweede sessie was die hoofpyne iets van die verlede. Dit het my nuuskierigheid geprikkel en ek het op die BSR Webwerf gaan oplees en was gefassineer deur die tegniek. Toe die geleentheid hom voordoen het ek by die akademie gaan studeer. Ek ontvang gereelde BSR sessies van my kollegas en het nog nooit weer erge hoofpyn gehad nie. Die waarde wat dit aan mense se lewens toevoeg is ongelooflik.
Body Stress Release
Wat is Spanning?
Liggaams spanning is ‘n baie kragtige faktor wat die mens se welstand op baie vlakke ondermyn. In sekere situasies trek die spiere outomaties saam om ‘n area te beskerm. As die spannings situasie verby is mag die spiere weer ontspan maar die spanning kan naderhand kronies raak en manifesteer gewoonlik eerste in die skouers,nek, deur hoofpyn en soms selfs die verlies van reuk en smaak. Soms is die draer van die spanning nie eers bewus van spanning nie omdat die liggaam gewoond daaraan is om nie altyd 100% goed te voel nie. Stywe spiere sit geweldige druk op die kommunikasie in die liggaam, ondermyn die immuniteit en gee aanleiding tot ‘’n verskeidenheid siekte toestande.