Pretoria-East
Body Stress Release
Wie Benodig Body Stress Release?
Body Stress Release is vir almal, ongeag ouderdom, geslag, gesondheidstoestand of beroep. Ons is almal elke dag blootgestel aan faktore wat spanning veroorsaak en het die neiging om dit te laat ophoop. Hierdie gestoorde spanning ondermyn die liggaam se vermoë tot selfgenesing.
Selfs babas wat deur ’n spanningsvolle swangerskap of moeilike geboorte is, word nie kwytgeskeld nie.
Kleuters spring ook nie ongemak of pyn, wat soms toegeskryf word aan groeipyne, vry nie.
Elke persoon se lewensgehalte kan verbeter deur ‘n gereelde Body Stress Release-sessie.
Sensasie
Regulasie
Vrystelling
Genesing
Die Konsultasie
Besoeke Aan Die Body Stress Release-Spreekkamer
Die praktisyn sal aanvanklik drie afsprake oor ʼn tydperk van twee weke maak. Body Stress Release is ’n proses wat in die liggaam plaasvind. Tydens die eerste besoek sal die praktisyn ’n volledige gevallestudie opstel. Die kliënt sal dan, ten volle geklee, teen die spesiaal-ontwerpte bed leun terwyl die praktisyn dit geleidelik laat sak totdat die kliënt horisontaal lệ. Dié proses word gebruik om die kliënt se beweging te beperk en om moontlike verdere ongemak of pyn te minimaliseer. Die bed se ontwerp maak dit ook vir fisies-gestremde mense toeganklik.
Sekere dele van die liggaam mag dalk aanvanklik ’n bietjie sensitief voel, maar meeste mense vind dit baie ontspannend. Na ’n paar toetse sal die praktisyn ’n ligte, maar ferm druk op die teikendeel toepas. Soms is die ontlading vinnig, maar soms is nog afsprake nodig om die spiere na hulle ontspanne toestand te laat terugkeer. Die aantal besoeke hang af van hoe lank en hoe diep die spanning gestoor is.
Na die ontlading voltooi is, sal die praktisyn ’n gedetailleerde verslag gee van bevindings en ook moontlike postuuraanpassings en ligte oefeninge aanbeveel.
Onderhoud Sessies
Die hoofdoel van Body Stress Release is om die liggaam so na as moontlik aan optimale funksionering te bring en daar te hou. Nadat die pyn en ongemak verlig is, is kliënte hoogs gemotiveerd om hulle liggame so te hou om die terugkeer van styfheid, ongemak en pyn te voorkom. Daarom sal die praktisyn die pasiënt ook raad gee oor hoe om die ontspanne toestand te handhaaf en die opgaring van spanning te voorkom.
Al Die Simptome Is Weer Terug. Wat Nou?
Gelukkig hoef jy nie weer van vooraf te begin nie. Na ’n aantal besoeke mag daar ’n totale verligting van pyn en ongemak wees vir ’n geruime tyd. Na ’n tydperk mag pyn en ongemak dalk terugkeer omdat die liggaam voortdurend besig is om dieperliggende spanning te verlig. Soos die spiere na hulle gewone toestand terugkeer, sal die oorspronklike oorsaak van die probleem dalk opgelos word. Die terugkeer van pyn en ongemak dui aan dat die liggaam gereed is om dit met behulp van Body Stress Release te verwerk.
Daar is dus nie rede tot kommer as ou simptome weer terugkeer nie. Dit is net ’n aanduiding dat dieperliggende spanning aandag nodig het. Die Body Stress Release-tegniek is baie lig en effektief, maar die liggaam moet kans gegun word om op die proses te reageer. Dit word nie aanbeveel dat meer as een aanvullende tegniek gelyktydig beoefen word nie, omdat dit nie genesing gaan bespoedig nie. Dit sal net ekstra druk op die liggaam plaas en verwarring veroorsaak.
Belangrik
Body Stress Release, as ’n komplimentêre tegniek, stimuleer die liggaam se ingebore genesingsproses baie liggies en is nie teenstrydig met die behandeling van ortopediese spesialiste, pediaters, neuroloë, kardioloë of enige ander spesialis in Suid-Afrika nie. Kliënte wat voorgeskrewe medikasie gebruik, word altyd aangeraai om voort te gaan met hulle medikasie, en om die dokter wat dit voorgeskryf het te raadpleeg. Body Stress Release-praktisyns is nie gemagtig om enige diagnoses te maak of medikasie voor te skryf nie. Body Stress Release-praktisyns gee ook verwysings na dokters. Sou die praktisyn iets vind wat die genesingsproses ondermyn, sal ’n besoek aan ’n dokter aanbeveel word om die kliënt gerus te stel en om seker te maak dit is niks anders as diepvasgelegde spanning nie.